Veeboer tussen 3000 jagluiperds PDF  | Print |  E-mail
 Dis winter inHierdie is nie ‘n tier nie. Ook nie ‘n luiperd nie. Dis ‘n jagluiperd. Die oudste kat spesie ter wêreld. Namibië en die veld is mooi. Buitengewone goeie reëns het die aarde deurnat en die diere is vet. Die son is reeds onder en ons mikrobus is volgepak. Mohamadali se kamera klik-klik-klik terwyl hy halflyf by die venster uithang in ‘n poging om ‘n beter foto te neem. Dis ‘n stryd om hom binne te hou en dis tye soos hierdie wat mens wens die deur se kinder slot het ‘n kode. Reg voor ons in die minibusverligte pad is ‘n enorme groot ystervark en hy lyk sommer baie vies. Sy penne staan almal orent en mens kan hoor hoe ratel sy orente penne teen mekaar. My ore tuit van al die vrae waarmee almal Matti peper en ek sit en verbaas my aan sy sprankelende persoonlikheid en die tempo waarteen hy dit reg kry om te antwoord. ‘n Ystervark het al menige leeu laat les opsê en is allermins nie ‘n dier om...Rrrrrrrp!...oop is die deur en uit is Mohamadali! “Wat op dees aarde!” roep Sanjay uit en op daardie oomblik plak 10 gesigte Mohamadali Allahgholi – Mohitban Stigting, Iran.teen die minibus se vensters...Mohamadali klim terug!!!

 21 Kursus gangers van 9 lande op ‘n 14 dae roofdier konflik bestuurs kursus in die bos. Plek, CCF (Jagluiperd Bewarings Fonds) Namibië. Aan die stuur is die wêreld beroemde Dr. Laurie Marker, die jagluiperd dame en haar eerste luitenant, Leigh Whelpton, beide oorspronklik  van Amerika. Dr. Marker het haar bekendheid verwerf toe sy 25 jaar gelede Amerika verlaat het om die jagluiperd van ‘n gewisse uitwissing in Namibië te red. Vandag is daar meer as 3000 jagluiperds in Namibië en is dit ook die grootste populasie van jagluiperds ter wêreld. Nou-ja ons almal ken ‘n boer met ‘n roer as daar ‘n kolgedierte tussen sy vee bespeur word en die sukses van Dr. Marker kan dus nie in woorde omskryf word nie. Dit moet gesien word en daarom is ek hier om by die beste te leer.

 Ek is ‘n biotelemetrie navorser en ontwikkelaar by HOTGROUP met die uitsluitlike doel om pro-aktiewe risiko bestuur deur tegnologie moontlik te maak vir onder andere die Landbou en die versekerings sektore. Ten einde ‘n vee boer te wees moet jy ook volgens ons groenes verkieslik ‘n bewarings boer wees. Vee Sanjay Gubbi – Wildbewaring Stigting, Indië.moet op so ‘n mate bestuur word dat dit ekologies volhoubaar is en dit sluit nie net weidings bestuur in nie maar ook roofdiere, siektes, brande, droogtes en diefstal. As versekeraar van vee word hierdie risiko met die boer gedeel. Die onvermoë van die boer om die risiko volhoubaar laag te hou veroorsaak dat dit net eenvoudig nie lonend is om of die diere te verseker of versekering uit te neem nie. Skiet al die roofdiere? Dit word al vir donkies jare gepoog en vandag teel jakkalse al agt-agt op ‘n keer. Stel jou voor ek noem dat siekte die grootste vee risiko is en ek voorstel dat die uitroei van die roofdiere die oorsprong is van baie siekte uitbrake, oorbeweiding en ook roofdier probleme. Sal jy my  glo? Ha, nou hoe kry die boere in Namibië geboer tussen 3000 jagluiperds om nie eers te praat van die hordes ander vleisvreters daar nie. Dis presies wat ek ook wou uitvind!

Windhoek lughawe is klein, maar pragtig. Met my aankoms is dit vol gepak met stalletjies en toeriste. Ek koop vir my ‘n MTC selfoon kaart en maak myself tuis in die lughawe restaurant. CCF personeel het laat weet hulle is oppad om “ons” te kom haal. ‘n Blondekop meisie kom aangestap en vra my met ‘n baie swaar Amerikaanse aksent: “Are you Gert? I am Leigh, welcome to Namibia”. Om haar hang nog mense van verskeie nasionaliteite rond. “Hi I am Priya, I’m fMatti Nghikembua – Senior Navorser, CCF Namibië.rom India”. Ons word na die parkeer terrein gelei. ‘n Pragtige mikrobus met ‘n jagluiperd embleem staan geparkeer en die bestuurder klim uit. “Hi I’m Matti”. Oppad na ons eerste bestemming laai ons nog twee kursusgangers by ‘n gastehuis op. “Hi, I’m Mohamadali and this is my collegue  Mona. We are from the Mohitban Society in Iran”. “Hi I’m Gert, nice to meet you. I have just recently come back from Israel. I believe you know the place?” Wel, Mohamadali lyk nie soos sy boks naamgenoot nie en sy reaksie op my antwoord is net ‘n verslae glimlag. Ek hou toe sommer dadelik van hom en begin hom toe pomp met vrae. Wat maak julle hier? Is daar jagluiperds in Iran? Ja, antwoord hy, ons het ongeveer 100. Ongelooflik, jagluiperds in Iran se woestyn. Mohamadali en ek word toe ook saam in die selfde kamer ingedeel en so sonder dat ek dit besef neem Mohamadali aan ek is ‘n Israeli (ek is ‘n RSA burger en was net op ‘n twee weke verspreiders opleidings besoek in Israel. Konflik is ook daar onder die vee). Wel, eers hier teen die einde van die kursus bieg Mohamadali dat hy vir die eerste paar aande nie ‘n oog toegemaak het nie! “Hoe so?” vra ek toe verbaas. “Gert, ek het gedink jy is Israeli en ek het gevrees vir my lewe!”

Die eerste 2 dae van die Geïntegreerde Lewendehawe en Roofdier Bestuur Kursus is in Windhoek aangebied en die program was vol gepak. Dis die een spreker na die ander en ek is aangenaam verras oor die diversiteit van sprekers. Van plaaslike boere tot Staats amptenare en wildreservaat bestuurders. Almal praat met positiwiteit en entoesiasme. Dis asof die hele Namibië hulle aan die kant van die jagluiperd en bewaring skaar, en ek besef dis presies wat moet gebeur as jy onder andere tussen 3000 jagluiperds skaap, boerbok en bees wil boer.

Op die derde daDr. Laurie Marker en een van haar 3000 kinders.g vertrek ons en mik reg noord. Dit wemel letterlik van die wild wat paaie na donker uiters gevaarlik maak vir pad verkeer. Dis baie moeilik om te glo sonder om dit nie eerstehands self te sien en te beleef nie. Dink net, 3000 jagluiperds en seker 50 keer nog soveel ander roofdiere moet eet. Hoe is dit moontlik dat dit so kan wemel van die wild? “Hier was voorheen baie meer wild” sê Jeremy hier langs my. Hy is ‘n Namibiër en van die Ovitoto Bewarings gebied in Namibië. Namibië is meestal woestyn en het tot onlangs nog ‘n politiese donker verlede met baie rasse verdeeldheid. ‘n Plaaslike koerant getuig juis van hierdie onderstrominge met ‘n berig van twee plaas moorde slegs ‘n week gelede net buite Otjiwarongo. Ten spyte daarvan is iets hier in Namibië baie reg en ek is hier om uit te vind wat dit presies is. Jy kan maar net by die venster uitkyk om die effek daarvan te sien.

CCF Namibië (ja, daar is takke ook in onder andere Kenia) is gelee op ‘n 40 000ha reservaat in die Waterberg Bewarings gebied 50km Oos van Otjiwarongo, sentraal Namibië. Pragtige bosveld aan die voet van die Waterberg plato. Gemsbokke, koedoes, vlakvarke, jakkalse, hase,...dis ‘n spreekwoordelike paradys. Vir die kursus gangers wat suidelike Afrika vir die eerste keer besoek is als vreemd en dis juis hier waar Matti Nghikembua ons bestuurder, toerleier en kamp kaptein tot sy volle reg kom. Jy kan sommer hoor hoe diep sy liefde vir die land lê wanneer hy met passie die interessanthede van die verskillende bome, plante en diere vir die honger ore op dis. “Tragelaphus strepsiceros, Kudu or Greater kudu,  Tswana: Tholo, Shona: Nhoro,  Shangaan: Hlongo. Die koedoe is die bekendste wildsbok in suidelike Afrika...”.

Met ons aCCF logo op een van hul voertuie.ankoms by CCF word ons weereens ontvang deur Dr. Marker maar hierdie keer ook deur haar hele CCF span. Na ‘n heerlike ontbyt word ons aan ons volgende spreker voorgestel, soos ek voorheen genoem het, ‘n volgepakte kursus program. Spreker na spreker, dan praktiese sessies, dan besoeke aan boere op hul plase, honde demonstrasies en nog meer sprekers. Wat my die meeste beïndruk het was die manier waarop CCF Roofdier/prooi identifikasie aangebied het. Dis ‘n uiters belangrike onderwerp aangesien boere maklik luiperds met jagluiperds verwar, om nie eers te praat van watter roofdier verantwoordelik is vir ‘n spesifieke veeverlies nie. En dan besluit die boer sommer om al wat roofdier is onder lood, strik en gif te steek. Maar nee, nie hier in Namibië nie. Nie met CCF aan die stuur nie. En so sou ek toe uitvind dat CCF ‘n pragtige enkel papier diagram saamgestel het wat die boer help om by wyse van eliminasie die verantwoordelike roofdier spesie presies te identifiseer. Maar dis toe nog nie al nie. ‘n Praktiese sessie! Hoe op aarde is dit moontlik? Dis te goed om waar te wees. In ‘n oop veld lê nie minder nie as vier nagemaakte dooie vee elk gedood deur ‘n ander roofdier. Volledig met spore, sleepsels, tamatiesous bloed en gevulde sykouse vir binnegoed...en elke geval het ‘n boer met ‘n storie, en hy vra jou hulp. Nie net om die roofdier te identifiseer nie maar ook om raad hoe hy ‘n soortgelyke aanval in die toekoms kan voorkom!

Tradisionele gemeenskappe in Namibië wat hul grond weens vorige politiese bedelings verloor het bekom weer grond by wyse van grond eise en gewillige verkoper, gewillige koper ooreenkomste. Hul groepeer saam en stig bewarings gebiede wat toegerus word om te kapitaliseer op die eko-toerisme mark. Ja,Leigh Whelpton, CCF Namibië. hul boer ook met vee en met die hulp van beide CCF en die regering kry hulle dit reg om ‘n balans te handhaaf tussen die hoeveelheid wild en vee wat die grond kan dra. Omdat hul grond dien as beide bewarings gebied en kommersiële landbou grond het hul ‘n tradisionele holisties bestuurstyl geïmplementeer. Hulle boer allermins al eeue vee tussen die wild en ken die aard van beide groeperings baie goed. En dit werk. Namibië se vleisbedryf is een van sy grootste landbou kommoditeite. Dis toe dat ek besef ek het die antwoorde op my vrae gekry en ek verstaan nou wat Namibië so besonders maak en ‘n voorbeeld is vir ons almal, wêreld wyd. Namibiërs is lief vir hulle land en honger vir kennis. Hier tel die resultate. Veeboer tussen 3000 jagluiperds is ‘n werklikheid.

Maar dit was ook nie als net kursus nie. Ons is ook so af en toe met ‘n laatmiddag wildrit bederf en dis juis tydens die terugrit oppad na ons slaap kwartiere dat ‘n yslike groot ystervark skielik vlak voor ons in die minibus verligte pad uit die donker verreis. Man maar hy was vies en sy penne het wild orent gestaan. Hy het geratel en tekere gegaan. Verby kon ons nie en dis toe dat Mohamadali besluit sy kamera se flits kom nie by nie. Sonder waarskuwing skuif Mohamadali die mikrobus se deur oop en storm kamera gereed op die ystervark af. Soos ek voorheen genoem het, hy hou van fotografie. Ons loer almal benoud deur die vensters en ‘n paar ru instruksies om terug te klim volg hom by die deur uit, maar hoor is min. Ons kon al in ons geestesoog sien hoe die ystervark agteruit hol en hom met sy penne boor. Toe die ystervark hom met sy flitsende kamera gewaar was dit ook toe net so en hy mik met sulke kort lopies na Mohamadali se kaal bene. Ha, maar nooit gesien nie. ‘n Man van Iran het moontlik al vir meer as net penne gekoets. Sonder om sy oog agter die lens weg te neem dans hy om die woelende ystervark en verlig hom met sy kamera flits dat dit lyk die ystervark is in ‘n diskoteek. Dis toe maar die ystervark wat besluit hy het genoeg van die “dans” gehad en al ratelende die bosse in gevaar waar die tweebeen dier hom nie kon volg nie.
Ek, die welbekende Namibiese skrywer Christiaan Bakkes wat sy arm in ‘n krokodil aanval verloor het, sy ewe beroemde hond Tier en vrou Emsie Verwey by CCF. Emsie was ook op kursus aangesien hulle as toer maatskappy staat maak op die boere se suksesvolle bestuur van hul bewarings gebiede.
Daar is geen manier hoe ek die meer as 70 lesings en praktiese sessies hier kan neer pen nie. Die teorie is vir ons in die praktyk geopenbaar en waardevolle kennis is aan ons oorgedra. En om alles te kroon het CCF elke voorlegging en foto, publikasie en boek, mede kursusganger en aanbieder besonderhede as vaarwelpresent saamgegee. Wat ‘n ongelooflike voorreg was dit nie. Ek kan maar net ‘n lam dankie sê en my dankbaarheid bewys deur die goeie werk van CCF in eie geledere voort te sit. Dankie Gail, Rob, Lazarus, Matti, Dr. Schmidt-Kuntzel, Leigh, Dr. Marker, kombuis en terrein personeel, my mede kursusgangers en laastens maar nie die minste nie aan Mnr. Howard G. Buffet vir die befondsing van die kursus.

Mooi so Namibië!